Skip to content

Ons storie

Fantasi spesialiseer in die uitgee van hoë gehalte, kleurvolle kinderboeke. Ons gee ou en nuwe stories uit – van bekende sprokies tot oorspronklike skeppings. Ons doen koproduksies saam met oorsese uitgewers en koop en verkoop internasionale regte. Fundi is ’n druknaam wat fokus op leesstof vir tieners en ouer leser, onder andere die geliefde Oloff die Seerower-reeks. Ons nuutste byvoeging – Fantasidigi – bied ’n tuiste vir ons luisterboeke en digitale uitgawes.

Waar jy ons kan vind.

Ons boeke is landswyd by toonaangewende boekwinkels beskikbaar, waaronder Bargain Books, PNA en Exclusive Books. Jy is baie welkom om gesig te kom wys (ons sal nooit “nee” sê vir kolwyntjies nie!), maar onthou asseblief dat ons nie ’n “boekwinkel” in die ware sin van die woord is nie, maar slegs agter die skerms werk, dus hou ons net ’n beperkte voorraad van ons boeke hier aan en ons het ook nie kredietkaartfasiliteite beskikbaar nie.

Adres/Address

Kremetartstraat 65, Val-de-Grace, Pretoria

Handelsure

Maandag – Vrydag
9am – 5pm